SKURWE KOLLE EN DROE VEL:
• Myte! Meng gelyke hoeveelhede Bloekomolie (Eucalyptus oil), Citronella olie, Dettol en vanilla en spuit honde en hul slaapplek daagliks daarmee, dit werk!
• Blomswael (Flowers of Sulpher). Gooi dit oor die hond se kos. Kwart teel elke derde dag vir klein honde, half teel elke derde dag vir medium honde, en een teel elke derde dag vir groot honde. Baie effektief!
• As jou hond ‘n droë vel of skurwe plekke op sy lyf het en dit stukkend krap, meng 1 teel Blomswael en 2 teel Olyfolie, Aquas cream (ongegeur) of vaselien. Meng dit goed en smeer in die oggend en die aand aan die plek. Werk baie goed!
• Nadat jy jou hond gebad het, smeer met appelasyn! Vryf goed in vel in, moenie afspoel. Appelasyn kan daaglik aan die hond aangespuit word , dit werk!
• Meng asyn met kookolie en smeer die hond se hele lyf daarmee. Doen dit vir 3 dae en dan eenkeer n week. Die asyn hou vlooie weg en olie help vir droe vel.
• Meng Aquas cream met Tee Tree oil. Smeer aan die plekke waar hy krap, dit werk soos n bom!
• Meng een bottel goeie honde shampoo, met halwe botte Bergamott essence, en halwe botteltjie Tea Tree Oil - was 2 keer 'n week. Dan natuurlik daagliks Bob Martins!
• Gooi sout in drinkwater. My worsie krap minimaal en hare val minder uit of amper niks: 1 teel sout op 2 lt water. Ek meng 5 lt water met 1 en half teel growwe sout en dis wat sy kry, dis nou die 3 week, sy krap glad nie meer, en haar vel ook nie meer so droog nie.
• Vitalin mans haarolie! Smeer aan en die droë kolle verdwyn byna oornag. Dit voed die vel en haarwortel. (By mans haarkappers, Dischem en apteke te kry)
• Vita Cote verkrygbaar by veearts en nie duur nie.
• Sjampoo SebbaDerm. Dit kos so R80 maar glo my dit werk! (Veeartse)
• Gooi ‘n bietjie olyf of sonneblom olie daagliks oor die kos, maak die vel mooi en die hare blink.
ALLERGIE:
• Gekrap kan baie keer die gevolg wees van kos-allergie (kleurmiddels in droë korrels). Verander kos, en gee altyd net goeie gehalte kos. (Montego, verkrygbaar by veeartse, uitstekend vir honde met kos-allergie)
• Gras- allergie kan ook gekrap tot gevolg hê. Allergex pille help goed daarvoor.
• Ecovet se Scratch meds.... dis natuurlik en baie goed! (Dischem of veearts)
BRANDSIEK:
• Blomswael (Flowers of Sulpher). Gooi dit oor die hond se kos. Baie effektief. (Apteke) Kwart teel elke derde dag vir klein honde, half teel elke derde dag vir medium honde, en een teel elke derde dag vir groot honde. Baie effektief!
• Meng 1 teel Blomswael en 2 teel olyfolie, Aquas cream (ongegeur), vaselien of vet. Meng dit goed en smeer in die oggend en die aand aan die plek. Werk baie goed!