Maandag 17 Oktober 2016

Getroud met Rugby: 17 – 21 Oktober 2016

Maandag 17 Oktober:
Lorette en Blitz besluit om vir Gideon en Reitz van hulle verhouding te vertel. Renate sukkel om ou wonde te laat genees. Fafa word gekonfronteer met Maryke se nuwe geluk.



Dinsdag 18 Oktober:Sasha help vir Chrissie met matriekafskeid-voorbereidings. Die nuus oor Blitz en Lorette kom by Reitz uit. Renate kry ’n verrassing uit haar verlede. Fafa maak vrede met Maryke se keuse.

Woensdag 19 Oktober:
Reitz sukkel nog om vrede te maak met Blitz en Lorette. Tommie kry ’n opdrag van sy borge af wat hom moedeloos laat en Chrissie kry uiteindelik haar rok vir die matriekafskeid.
Getroud met Rugby
Donderdag 20 Oktober:
Blitz probeer met Reitz praat oor Lorette terwyl Sasha hom ook probeer oortuig dat Blitz die regte ou vir sy sussie is. Nina het ’n verrassing vir Chrissie. Tommie sukkel met sy vlog.

Vrydag 21 Oktober:Reitz probeer Tommie moed inpraat. Maryke kry groot nuus oor die pompoms. Chrissie is opgewonde oor haar groot aand. Denver moet finaal besluit of hy die verlede kan agterlaat.

Binnelanders: 17 – 21 Oktober 2016


Maandag, 17 Oktober:
Pippa doen self-ondersoek. Die Ferreiras kry dalk ‘n nuwe intrekker. ’n Gesprek tussen Bronwyn en Steve handel duidelik nie oor hulle nie. Karli dring aan op ’n inspuiting.


Dinsdag, 18 Oktober:
Wilmien is seker daarvan dat Conrad nie in haar belangstel nie. Ilse vra Okkie om spangees aan die dag te lê. Conrad hunker na eenvoudiger dae. Marissa word op haar plek gesit.

Woensdag, 19 Oktober:
Naomi probeer Annelize oorreed om op te hou spioeneer. ’n Teddiebeer in die verkeerde hande lei tot groot moeilikheid. Bronwyn sien iets wat sy liefs nie moet sien nie.

Donderdag, 20 Oktober:
Conrad kom tot nuwe insigte. Bronwyn probeer agter die kap van die byl kom. Pippa waarsku ’n verpleegster. Louis neem iets onaangenaams waar. Annelize rig ’n desperate pleidooi aan Bronwyn.

Vrydag, 21 Oktober:
Marissa word getoets. Pippa stem nie saam met Conrad se keuse nie. Naomi moet vinnig dink om nie in die moeilikheid te beland nie. Jana is terug van oorsee af.

Maandag 10 Oktober 2016

Wurms in honde en katte

INLEIDING

Wurms is sekerlik van die mees onderskatte oorsake van siekte en dood in honde en veral jong hondjies word hierdeur geraak.  Een van die mees algemene vrae wat deur troeteldiereienaars gevra word is hoe gereeld hul diere ontwurm moet word.  Die algemene beginsel is om jong diere op 3 weke, 6 weke en dan maandeliks te ontwurm tot op 6 maande.  Hierna kan diere elke 6 maande ontwurm word.  Soms is dit nodig om selfs meer gereeld te ontwurm.  Die volgende faktore sal die frekwensie van ontwurming verhoog: 
  • Hoë reënval
  • Kontak met vreemde diere
  • Meer as een dier aangehou en
  • Diere word buitenshuis aangehou.

HAAKWURM

Hierdie is by verre die gevaarlikste wurm wat veral in klein hondjies vrektes veroorsaak.  Die volwasse wurms leef in die dermkanaal van die hond waar hulle aan die slymvlies vasheg en bloed suig.  Dit veroorsaak bloedarmoede wat dan die dier se dood kan veroorsaak.  Die meeste honde word besmet deurdat die besmetlike larwes die hond deur die vel binnedring maar die diere kan ook mondelings besmet word.  Klein hondjies word besmet deur die melk van die moeder (baie algemeen) maar kan selfs al in die baarmoeder besmet word.
'n Mikrofoto van die monddele van die haakwurm van honde, Ancylostoma caninum.
Dit is interessant om te kyk na die lewenssiklus van die wurm waar dit die hond deur die vel binnedring:  Eerstens lê die volwasse wurms eiers wat in die mis van die hond uitgeskei word en dan buite die hond tot besmetlike larwes ontwikkel.  Die larwes dring dan die dier deur die vel binne, migreer deur die limfvate en bloedvate tot in die hart, vanwaar hulle d.m.v. die longbloedvate die longe binnedring tot in die klein longbuisies.  Hulle beweeg dan op in die lugpyp, word uitgehoes, ingesluk en beland dan in die dermkanaal waar hulle tot volwasse wurms ontwikkel.  (RAAR MAAR WAAR !)
Die lewenssiklus van haakwurm in hondeHaakwurm in die dunderm
Die hele lewenssiklus neem ongeveer 2 weke om te voltooi wat beteken dat klein hondjies al op 2 weke oud besmet kan wees met bloedsuiende volwasse wurms.  'n Teef wat as klein hondjie besmet is kan tot 4 werpsels deur haar melk besmet.  In katte is haakwurm gewoonlik nie so 'n groot probleem nie en die besmetting vind slegs mondelings of deur die vel plaas.
Tekens van besmetting:
  • Gewigsverlies
  • Bloedarmoede
  • Skielike vrektes in jong hondjies
  • Swart of bloederige mis
BELANGRIKHEID IN MENSE:
Die larwes kan deur die vel van mense dring(bv. kinders wat in sandput speel) en onder die vel migreer. Dit is gewoonlik baie irriterend.

SPOELWURM

Hierdie is 'n baie algemene wurm in honde en katte.  Haakwurm word selde gesien in die mis maar spoelwurm is baie maklik om te sien — hulle lyk soos wit erdwurms.  Die teef word besmet as sy eiers mondelings inneem, die larwes broei uit en migreer deur die weefsel van die teef.  Hulle besmet dan die ongebore kleintjies in die baarmoeder of soms deur die melk en ontwikkel tot volwassenes in die dermkanaal.  Eiers kan vir lang tye (selfs jare lank) in die omgewing oorleef as toestande gunstig is. Ander diere soos muise en insekte kan as tussengashere optree.
Die lewenssiklus van spoelwurm in hondeErge spoelwurmbesmetting in 'n hondjie
Tekens van besmetting:
  • "Boepens"
  • Diarree en soms konstipasie
  • Vomisie
  • Gewigsverlies
  • Buikkrampe
BELANGRIKHEID IN DIE MENS:
Dit kan die mens besmet deur kontaminasie van kos en hande.  Kinders is veral vatbaar waar hulle speel op grond of gras.  Die eiers word mondelings ingeneem en die larwes kan na alle organe migreer bv.  lewer, longe en selfs brein.

SAMBOKWURM

Slegs honde.  Nie baie algemeen nie.  Eiers word mondelings ingeneem, broei uit in die dunderm en die larwes penetreer die slymvlies van die dunderm en blindederm waar hulle tot volwassenes ontwikkel.  Die lewenssiklus neem ongeveer 70 tot 90 dae om te voltooi. 
Tekens van besmetting:
  • Diarree
  • Bloed in mis
  • Bloedarmoede  (selde)
Sambokwurm het geen effek op die mens nie.

LINTWURM

Lintwurm is die mees algemene wurm by katte.  Daar is 'n magdom verskillende lintwurm spesies wat honde, katte, beeste, skape en varke affekteer. 
Daar is hoofsaaklik 2 groepe belangrik in troeteldiere:
  1. By die eerste groep tree vlooie en myte op as tussengasheer.
  2. By die tweede groep tree skape, bokke, beeste en varke op as tussengasheer.

Groep 1

Honde en katte word besmet met die wurms wanneer hulle hulself skoonlek en van die vlooie inneem.  Die wurms ontwikkel tot volwassenes in die dier se dermkanaal binne drie weke.  D.w.s. 'n dier kan weer binne 3 weke besmet wees na behandeling en dit is hoekom eienaars soms kla dat hulle die dier ontwurm het en dat dit nie lyk of dit effektief was nie.  Goeie vlooibeheer is noodsaaklik om hierdie groep te beheer.

BELANGRIKHEID IN DIE MENS:
Kinders wat met troeteldiere speel en per ongeluk besmette vlooie inneem, sal net soos die diere ook dan lintwurms ontwikkel in die dermkanaal.
Die lewenssiklus van lintwurm (Dipyllidium)Lintwurm in die dunderm


Groep 2

Die wurms vorm siste in die spier, brein en ingewande van hierdie diere.  Die siste word ingeneem waar ongekookte afval en diereprodukte aan honde gevoer word, waarna die siste dan verder tot volwassenes in die dermkanaal ontwikkel.  Om hierdie groep te beheer is dit noodsaaklik om nie ongekookte vleis en afval aan u honde te voer nie.
BELANGRIKHEID IN DIE MENS:
Hierdie groep is baie gevaarlik aangesien dit siste in die mens kan veroorsaak en hierdie siste kom dikwels in die brein voor. Gelukkig is hierdie lintwurms nie baie algemeen in ons area nie.
Tekens van lintwurmbesmetting in diere:
  • Wurms word opgemerk in die mis — lyk soos plat "ryskorrels" of in stringe.
  • Met erge besmetting kan daar gewigsverlies, vomisie of diarree wees.
  • Honde skuur op hul agterstewes

4-Jarige deur hond doodgebyt

Die hond is reeds Saterdag na die voorval deur personeel van die munisipale skut verwyder en is vanoggend uitgesit.
OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n 4-Jarige seuntjie van Oudtshoorn is Saterdagaand deur 'n hond in Leeubekkieweg doodgebyt.
Pieter-Lee Frans is net na 21:00 in die hospitaal aan sy wonde dood.
Volgens die polisie het die hond op die erf gebly waar die kind was. Die kind is met privaat vervoer na die hospitaal geneem.
Die Oudtshoorn Courant het vanoggend met die familie probeer kontak maak maar, volgens 'n pastoor wat daar was, wil die familie nie oor die voorval praat nie. Die kind se ouma het egter met die Oudtshoorn Courant gepraat. Volgens haar was Pietie (soos hy by sy familie bekend was), 'n liefdevolle kind.
"Dit is steeds 'n groot skok vir ons. Hy was waarlik 'n liewe kind," het sy gesê.
4-Jarige deur hond doodgebyt

Dapper hond betaal met lewe

’n Hond sal tot die dood toe baklei om sy eienaars te beskerm. En dit is presies wat Karen van der Berg (32) van Petrusburg se Jack Russell, Jamal, vandeesweek gedoen het toe hy haar en haar tweejarige dogtertjie, Andrea, met sy geblaf gewaarsku het toe hy ’n geelslang in hul tuinbedding gewaar het.

Dinsdag 27 September 2016

VELPROBLEME BY HONDE (SKURWE KOLLE/DROE VEL/BRANDSIEK)

SKURWE KOLLE EN DROE VEL:
• Myte! Meng gelyke hoeveelhede Bloekomolie (Eucalyptus oil), Citronella olie, Dettol en vanilla en spuit honde en hul slaapplek daagliks daarmee, dit werk!
• Blomswael (Flowers of Sulpher). Gooi dit oor die hond se kos.  Kwart teel elke derde dag vir klein honde, half teel elke derde dag vir medium honde,  en een teel elke derde dag vir groot honde. Baie effektief! 
• As jou hond  ‘n droë vel of skurwe plekke op sy lyf het en dit stukkend krap, meng 1 teel Blomswael en 2 teel Olyfolie,  Aquas cream (ongegeur) of vaselien. Meng dit goed en smeer in die oggend en die aand aan die plek. Werk baie goed!
 • Nadat jy jou hond gebad het, smeer met appelasyn! Vryf goed in vel in, moenie afspoel. Appelasyn kan daaglik aan die hond aangespuit word , dit werk!
• Meng asyn met kookolie en smeer die hond se hele lyf daarmee. Doen dit vir 3 dae en dan eenkeer n week. Die asyn hou vlooie weg en olie help vir droe vel.
• Meng Aquas cream met Tee Tree oil. Smeer aan die plekke waar hy krap, dit werk soos n bom!
• Meng een bottel goeie honde shampoo, met halwe botte Bergamott essence, en halwe botteltjie Tea Tree Oil - was 2 keer 'n week. Dan natuurlik daagliks Bob Martins! 
• Gooi sout in drinkwater. My worsie krap minimaal en hare val minder uit of amper niks: 1 teel sout op 2 lt water. Ek meng 5 lt water met 1 en half teel growwe sout en dis wat sy kry, dis nou die 3 week, sy krap glad nie meer, en haar vel ook nie meer so droog nie.
• Vitalin mans haarolie! Smeer aan en die droë kolle verdwyn byna oornag. Dit voed die vel en haarwortel. (By mans haarkappers, Dischem en apteke te kry)
• Vita Cote verkrygbaar by veearts en nie duur nie.
• Sjampoo SebbaDerm. Dit kos so R80 maar glo my dit werk! (Veeartse)
• Gooi ‘n bietjie olyf of sonneblom olie daagliks oor die kos, maak die vel mooi en die hare blink.

ALLERGIE:
• Gekrap kan baie keer die gevolg wees van kos-allergie (kleurmiddels in droë korrels). Verander kos, en gee altyd net goeie gehalte kos. (Montego, verkrygbaar by veeartse, uitstekend vir honde met kos-allergie)
• Gras- allergie kan ook gekrap tot gevolg hê. Allergex pille help goed daarvoor.
• Ecovet se Scratch meds.... dis natuurlik en baie goed! (Dischem of veearts)

BRANDSIEK:
• Blomswael (Flowers of Sulpher). Gooi dit oor die hond se kos. Baie effektief. (Apteke) Kwart teel elke derde dag vir klein honde, half teel elke derde dag vir medium honde,  en een teel elke derde dag vir groot honde. Baie effektief! 
• Meng 1 teel Blomswael en 2 teel olyfolie, Aquas cream (ongegeur), vaselien of vet. Meng dit goed en smeer in die oggend en die aand aan die plek. Werk baie goed! 

Donderdag 22 September 2016

Drie lewensgeselle

Kos: KFC, of enige voël, pizza, Big Mac, roomys, yogurt, vrugte (maar nie appel), neute, chips.
Habitat: Op en in die bed – natuurlik
Gewoontes: Spring op 3 bene, blaf vir kos, dagdroom in die Zen-posisie, bewe soms baie, piepie as dit reën net op die stoep.
Kos: Alle vrugte en groente, is eintlik ‘n vegetariër, chips en neute.
Habitat: Op eie bed langs bedkassie, onder bed, in eie tent, bo-op handsak, bo-op koerant.
Gewoontes: Knor as sy eers op handsak gaan lê, skrop net soos ‘n hoender, versamel sokkies, lê en blaf, huil in die kar, vra soggens ‘n koekie
Kos: Alles, veral katte
Habitat: Op kussing langs eie bedkassie, teen enige muur met pote wat muur “ophou”
Gewoontes: Kyk TV, draf net soos ‘n ponie, kom haal Rosalind saans by die motor.

Die Wolf en die Woef

Ek is nie bekend daarvoor dat ek van groepe mense hou nie en toe ek so paar jaar gelede van die ‘groep’ kon ontsnap in Washington, is ek reguit (en alleen) na die National Geographic-museum.
Ek was verheug om te sien hulle het ‘n hele uitstalling (dit word gereeld vervang) net oor honde en hulle voorsate die Asiese wolf.
Die ongelooflikste oomblik van liefde en vertroeteling was daar vasgevang in rots. Die versteende fossiele van ‘n vrou en haar hond. Net so presies bewaar. Die hond is saam met haar begrawe, duisende jare gelede en hulle is saam deur paleontoloe in een groot stuk uitgehaal. Haar arms was om die hond gevou, in liefde.
 Ek kan nie meer onthou hoe, waar en wanneer, hulle uitgegrawe is nie. Maar dit is tans die oudste fossiel-bewys van wat navorsers “co-habitation” met honde noem.
Alle honde vandag op aarde, ook die een wat nou hier by my op haar kombersie le, is direkte afstammelinge van die wolf. Teen sowat 14 000 jaar gelede was die prosess van “domestication” al baie goed onderweg, dus was die wolwe al soort van huislike honde. Dit kan sover terug as 20 000 jaar gelede al begin het.
Daar is twee maniere hoe dit kon gebeur het. Die wolwe het op die rand van die jagter-versamelaars se groepies gewoon en stelselmatig al nader gekom, agter die oorskietkos en rommelhope aan, tot hul al makker was, of die mense het die kleintjies geneem en natuurlike seleksie het voorkeur verleen aan die wat die beste kon bedel en aanpas by die mense. Hoe dit ookal sy, die diere het die eienskap geeerf van vleiseters wat in die teenwoordigheid van mense kon eet. Vandag is hul omnivore.
Honde is nou so mak hulle kan nie sonder die teenwoordigheid van mense oorleef nie. Van hulle kry swaar buite die huis. Hulle kry hartsiektes, kanker, epilepsie, allergies en katerakke. 350 siektes in totaal.
Hulle het 39 pare chromosome en deel 5% van hulle genetiese samestelling met die mens. (Die erg bedreigde Afrika wilde hond is nie die voorsaat van die hond nie, hy het net 4 tone ect)
Tog toon die DNS tussen die wolf en die hond min verskille. Die gene wat vir haarkleur, grootte en dies meer enkodeer is nie so baie nie. Daar is soveel verskillende tipes “breeds” van honde, wat so verskillend lyk. Maar onthou dit is steeds dieselfde spesieCanis familiaris . Hulle is steeds almal honde. Dit dui op klein genetiese variasies en dit gaan baie keer saam met bepaalde siektes.
Honde kommunikeer deur te piepie (so moenie te kwaai wees nie – nou en dan moet hy sy huis merk🙂 ), ook deur liggaamshouding en posisie, gesigsuitdrukkigs, beweging en vokalisering (uithaal van stembande sal ek persoonlik nie doen nie). ‘n Hond moet reuke kry as hy stap, en piepie, eerder as vreeslik baie oefening (behalwe spesifike tipes wat moet hol). Wag maar dat hy ruik en snuffel, hy ruil briewe uit met ander honde uit.
Terug by daardie uitstalling. Mens kon jou neus in ‘n spesiale buis druk, om te ruik hoe sterk ‘n hond ‘n hamtoebroodjie ruik en ook sien wat ‘n hond sien. Dit was nogal oulik.
En ja, honde het emosies, sommer baie.
Help ‘n arm hondjie/katjie  hier, ek doen met ‘n geldjie elke maand, in ‘n debietorder, hoef nie baie te wees nie. Elke bietjie help.
Het julle geweet dat wanneer daar ‘n brand in ‘n plakkerskamp is verbrand van die diere ook? En dit is die DBV wat gaan help.
Foto: www.nationalgeographic.com Robert Clark (foto is nie gedokter, hulle sit/staan regtig so)
Bronne: National Human Genome Institute, National Geographic

My spog-boekie

My ma dra in haar handsak ‘n boekie rond met foto’s van haar kleinkinders en die wys sy orals rond – of mense nou wil sien of nie.
Almal van ons vrees om soos ons ma’s te raak. Ek dink ek vrees dit ook en sowaar ek het ook daai foto-wys-dring in my.  Ek raak seker soos my ma . . .
Ek en geliefde spog met ons drie honde, want met die dat ons nie kinders het nie, is die drie honde maar ons kroos. Twee is verwaarloosde weeskinders en een is aangekoop.
En elke een het haar eie persoonlikheid en sit diep in ons harte.
Die oudste ene, is jare der jare gelede al stukkend, uitgehonger en mishandel onder ‘n bos opgetel. Sy is mal oor jogurt, KFC en biltong. Maar menskos eet sy net bedags en laatnag gaan knibbel sy aan haar eie kos.
Sy slaap saam met ons op die bed. Ja, soms word ek wakker met ‘n poot in my mond, maar ai, sy verstaan my diepste wese.
Dis sy hier onder:
d11.jpg
Dan is daar die ene hier onder, wat ons byna vier jaar gelede by die weeshuis gaan haal het. Sy slaap in die winter sommer tot 10 uur soggens. Sy het wonderlike smaak en hou veral van handsakke. Sy gaan maak haar tuis op enige handsak en grom as jy dit wil vat.
Sy is ‘n opgaarder van formaat – veral klere en koerante neem sy na haar hoekie in die kamer. Haar ogies kan baie diep kyk.
sasimg_0021.jpg
Die ene het ons 5 jaar gelede as baba gekoop. Sy is die heel eerste hond in my lewe wat ek ken wat TV kyk, soos in regtig. Sy le skuins oor die bed en kyk, elke aand. Sy le ook met haar pote in die lug en slaap en/of sy le en hou die muur vas.
Die hond is bitter slim en mens kan haar nie lok met kos of probeer uitvang nie, sy vang jou uit. Sy is sagmoedig, maar het ‘n diep blaf wat mense bangmaak en dit pas my.
copy-of-img_0028.jpg
Hoe kaal sal ons lewe nie sonder julle drie wees nie. Ons praat met hulle, liefkoos julle, bederf hulle en leef met julle, soms word ons vies vir julle. Maar julle is ons liewe kinders.