Sondag 18 September 2016

Anaalsaksiekte in honde

  • Impaksie geskied as die vloeistof versamel en verdik sodat die sakke opswel en moeilik leegmaak. ‘n Veearts kan die geïmpakteerde kliere leegmaak deur die druiwetrosvormige sakkies se verdikte inhoud uit te druk.
  • Die tweede stadium is inflammasie van die anale sakke. In hierdie stadium raak die verdikte vloeistof besmet deur bakterieë.
  • Die derde en finale stadium is absesvorming van die sakke. Hierdie toestand is pynlik en dit mag selfs ‘n operasie verg om die probleem op te klaar. Partykeer bars die abses oop langs die anus met etter wat dreineer.
Gewoonlik moet honde met anale sak siekte se vloeistof in die sakke gereeld uitgedruk word. Jou veearts is die aangewese persoon om jou hond te behandel.
Oorsake
Die oorsaak van anaalsiekte is onbekend. Oormatige annaalklier produksie, sagte mis of diarree, swak spiertonus en vetsug mag ‘n rol speel in die voorkoms van hierdie siekte.
Voorkoming
Deur die anaalsakke gereeld (elke paar maande) te ledig sal voorkom dat die vloeistof weer verdik. Hoë vesel diëte help ook om die siekte te voorkom in hoë risiko rasse, veral as hulle oorgewig is.
Neem jou hond na die veearts want daar mag ook ander toestande teenwoordig wee swat die hond laat skuur.
Oorsig:
Anaalkliere is die reservoirs vir die afskeidings van die anaalkliere wat aan weerskante van die hond se anus sit. Hierdie sakke bevat vloeistofafskeidings van die anaalkliere en in gesonde diere is die afskeidings gewoonlik lig geel-bruin tot grys van kleur. Die inhoud van die sakke word gewoonlik leeg gemaak gedurende normale dermbewegings of as die hond senuweeagtig of bang is. In meeste gevalle word die sakke maklik leeg gemaak. Daar is wel honde, veral die kleiner rasse, waar die sakke nie behoorlik leeggemaak word nie en hulle loop gevaar om anaalsaksiekte op te doen.
‘n Hond met anaalsaksiekte mag sy anus op die grond skuur om te probeer om die sensasie van druk en irritasie om sy rektum te probeer verlig. Honde met hierdie probleem mag selfs sy stert jag en hulle agterente byt of lek om die ongemaklikheid te probeer verlig.
Daar is 3 stadiums van die siekte nl. Anale sak impaksie, anale sak infeksie en anale sak abses.

Antwoord

Die toestand in honde mag wees dat die anale sakke geïmpakteer is –  dat hulle infeksie of selfs ‘n abses mag hê.
Geaffekteerde diere:
Alhoewel enige hond aangetas kan word, is dit meestal die kleiner rasse soos chihuahuas, worshonde, miniatuur honde of klein poedels wat veeartse sien met anaalklier probleme. Katte word minder dikwels gesien.

Vraag

Ek het ‘n reggemaakte groot reun hond wat al taamlik oud is. Hy bly sy agterstewe skuur. Ek het hom al ‘n paar keer ontwurm, maar dit hou nie op nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking