Antwoord van dr. Sunelle
Dit wil vir my voorkom asof daar verskeie gedragsprobleme teenwoordig is en nie net die bakleiery nie. Daar is ongelukkig nie ‘n vinnige oplossing vir die probleme wat u hieronder beskryf nie. Ek stel voor dat julle ‘n gedragspesialis nader. Aangesien julle in Pretoria gebaseer is, kan julle dr. Quixi Sonntag (Quixi@mweb.co.za) se praktyk kontak. Vir ‘n gedragskonsultasie kan julle vir mev. Hester van Aarde kontak by 0125298207 of hester.vanaarde@up.ac.za
Dit is baie beter om nou die probleem aan te spreek, want hoe langer julle wag, hoe groter gaan die gedragsprobleme word.
Antwoord
Ek benodig asb die volgende inligting om van hulp te wees:
1. Watter geslag is die twee honde?
2. Beskryf asb. hoe hulle baklei
3. Is daar enige iets wat as ‘n algemene sneller geïdentifiseer kan word vir die bakleiery?
Dr. Sunelle Strydom
Antwoord van eienaar:
Beste Dr,
Baie dankie dat u teruggekom het. Graag die volgende inligting soos versoek:
1. Hulle is altwee reuns en is nie gekastreer nie. Ons het die Doberman as ‘n baba gekry en hy het groot geword voor die Boerboel
2. Hulle gryp mekaar die meeste van die tyd aan die keel of kop. Nie een van die twee kry regtig die ander een onder nie, so hulle is die heeltyd op hulle voete as hulle baklei.
3. Kos: ons sorg altyd dat hulle apart is as hulle eet, maar partykeer kom hulle uit voor ons dit kan keer.
As ons by die hek inry, is hulle baie laf en is hulle bly ons is by die huis, dan gryp hulle mekaar sommer van opgewondenheid.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking