Ons het ‘n interessante artikel oor hondbyte in ons 3 Oktober-uitgawe. Lees hier meer oor ander hondeprobleme soos ‘n knaende gekef en ‘n geleentheid vir lesers
Geleentheid vir lesers:
Rob Hendry, stigter van Pack Leaders - South Africa Instinctual Canine Behaviour Specialization, beplan om saam met Danny K ‘n TV-program te doen wat hondegedragsprobleme en inligting oor onder meer ras en die keuse van ‘n hond gaan insluit. Lesers in die Johannesburg- en Pretoria-omgewing kan ‘n e-pos aan info.packleaders@gmail.com stuur. Stuur probleme of kwessies, jou kontakbesonderhede en ‘n videogreep vir hom. Suksesvolle applikante sal gekontak word.
Hou honde se knaende gekef en geblaf jou uit die slaap?
Volgens Rob Hendry, stigter van Pack Leaders - South Africa Instinctual Canine Behaviour Specialization, is blaffery ‘n simptomatiese gedrag met verskeie oorsake en kan nie aan ‘n spesifieke ras gekoppel word nie. Rob noem dat verveeldheid, vrees, eensaamheid, skeidingsangs en honger algemene oorsake van ‘n geblaf is.
Die rede waarom sommige honde meer as ander blaf, het te doen met die werkverdelingswet, wat hulle as tropdiere beheer, net soos hul voorouers, die wolf, sê John Faul, ‘n dieregedragskonsultant.
Die laerranglede van die trop het die mees weerlose posisies in die trop ingeneem en dit was hul werk om die vroegste waarskuwingsisteem van die trop te wees wat alarm kon maak en hulp by die ander kon versoek (om hulp roep). Dan is daar ook die komponent van geleerde blafgedrag soos skeidingsangs waar die arme hond in die leierskapsrol gedwing is wanneer ons by hulle is en dan hopeloos verlore is wanneer ons nie by hulle is nie.
Dan is die enigste opsie vir die hond ‘n “roepblaffery” om sy onsekerheid aan die troplede te kommunikeer in ‘n poging om hulle terug te bring. Uitermatige gebiedsgebonde geblaffery vind plaas wanneer die betrokke hond in een of ander uitgerekte magstryd met ‘n ander hond of selfs ‘n mens in die trop gewikkel is en die blaffery gebruik om aandag te trek.
Volgens Chris Kuch, woordvoerder van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging val ‘n “oorlas”-geblaf (nuisance barking) onder der die geraasverminderingregulasies/stiltegebiedregulasies van die plaaslike rade. Hierdie regulasies verskil ook van gebied tot gebied en daar is ook variasie kragtens wie dit afdwing en by wie klagtes ingedien moet word, sê Chris.
Volgens Louise Thompson, ‘n geakkrediteerde dieregedragskonsultant van Gauteng, is van die rasse wat dikwels hierdie ongevraagde gedrag toon onder meer miniatuurrasse soos die worshond, miniatuur- schnauzer, die Yorkshire-terriër, Jack Russell-terriërs, Suid-Afrikaanse malteser (wat in werklikheid terriërs is); miniatuur-pincher en dwergkees. Trouens, die meeste terriërs is geneig om te kef as die gedrag nie vanaf 'n vroeë ouderdom gevorm of herlei word nie, sê Louise.
John beveel aan dat as jy met enige van die genoemde of ander probleme sukkel jy met die Animal Behaviour Consultants of SA in kontak moet kom wat jou na een van hul geregistreerde konsultante sal verwys.
Blaf jou hond te veel?
Volg Louise se wenke om die vrede te help bewaar:
• Sorg dat jou hond gereeld oefening kry. ‘n Paar goeie stap- of speelsessies per dag kan help om jou hond kalm te kry en sal hy dalk in plaas van heeldag blaf, eerder heeldag slaap. “’n Moeë hond is ‘n goeie hond!”
• Laat hom kou. Jou hond sal dit moeilik vind om te blaf as hy besig is om aan bene of hondespeelgoed te kou.
• Kou is ‘n goeie stresverminderaar en neem tyd in beslag. As jy vir ‘n ruk gaan weg wees, gee jou hond sy gunstelingkouding net voor jy vertrek.
• Gee hom iets om oor te dink. As jou hond alleen en raserig raak wanneer jy weg is, vryf oor sy koulekkerny voor jy vertrek. Die reuk sal hom aan jou herinner en hy sal jou dalk nie so baie mis nie.
• Verbloem buite- of mededingende geluide. As jou hond supersensitief vir geluide in die omgewing is, probeer sommige van dit uitblok. White Noise-masjiene en om jou musieksentrum op ‘n normale klankvlak te speel, kan hiervoor werk.
• Dring aan op stiltetyd. Soms sal 'n hond aanhou blaf selfs nadat jy sy waghondblaffery erken het. Sê “stil!” vir die hond op ‘n skerp, maar sagte manier en indien hy dan ophou, prys hom van harte.
• Dit sal nie skade doen om jou hond ‘n lekkerny te gee as die geraas ophou nie. Wanneer jy dit doen, trek jy sy aandag af van die blaffery en help dit om hom te laat agterkom dat dit goed is wanneer hy stop.
• Sommige honde, nes mense, haat dit om sonder ‘n gehoor te “praat”. Wanneer al jou prys en bevele hom nie laat stilbly nie, loop weg. Die kans is goed dat jou hond jou graag in sy omgewing wil hê. As jy dus jou rug draai en wegloop, kom hy dalk agter dat hy besig is om iets verkeerds te doen.
• Bring jou hond in. As jou hond buite slaap en daarvan hou om sy stembande saans te oefen, sal jy hom dalk wil inbring waar daar minder is om oor te blaf.
• Weet wanneer om strategieë te verander. As jy nie binne drie tot vyf dae enige verbetering gesien het wanneer jy een van die teen-blaf-tegnieke gebruik het nie, probeer ‘n ander een.
Daar is ook verskeie toestelle beskikbaar om ontoepaslike blafkwessies te behandel, maar Louise beklemtoon dat daar geen vinnige oplossings vir hierdie probleem is nie en dat dit tyd, geduld en moeite verg om dit te verander. ‘n Elektriese halsband wat die hond skok wanneer hy blaf, is volgens Louise ‘n wrede en ontoepaslike toestel wat onbekende en selfs gevaarlike gedrag in honde kan veroorsaak.

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking