Alle honde tjank en blaf soms; dis natuurlik en ons wil beslis hê hulle moet blaf om ons teen gevaar te waarsku. Maar ’n gedurige geblaf kan ’n irriterende gedragsprobleem word wat moles met die bure veroorsaak en jou verhouding met jou hond verswak.
Nog ’n voorbeeld is die gebruik van ’n elektriese skokhalsband. Dis pynlik en onmenslik en baie honde leer om daarmee saam te leef; eindelik keer dit hulle nie om steeds baie te blaf nie.
HOEKOM HONDE BLAF EN HOE OM DIT TE BEHEER
- Waarskuwing/alarm Dis ’n natuurlike, beskermende reaksie vir ’n hond om te blaf wanneer iemand na die deur toe kom of by die huis verbystap. Maak so: As jy dié instink met afrigting slyp, kan dit jou huis en gesin help beskerm. Jy kan ook jou hond leer om op bevel stil te bly en te “praat”.
- Angs Hierdie soort blaf gaan gewoonlik met ’n getjank gepaard. Dit beteken jou hond is gestres en dit gebeur heel waarskynlik wanneer hy alleen gelos word. Maak so: Moet nooit jou hond vertroos of kos gee wanneer hy uit angstigheid blaf nie. Dit sal die gedrag beloon en aanmoedig. Sorg eerder dat hy minder alleen is. Dis nie ’n maklike probleem om op te los nie en jy sal dalk ’n gedragskenner om hulp moet vra.
- Te min oefening Alle honde moet gereeld gaan stap. Dis nie net die oefening wat belangrik is nie; dis ook stimulerend om die buitewêreld te sien en ruik. Maak so: Genoeg oefening sal sorg dat hulle nie so baie opgehoopte energie het om met ’n geblaf te verbrand nie. ’n Flinke, halfuur lange wandeling twee keer per dag is ideaal vir ’n gesonde hond, minder vir ouer diere. Laat hulle gaan staan en dinge ruik en hul merk maak. Moet ook nie vergeet om die bolliegrafie
- saam te neem nie!
- Verveeldheid Verveelde honde blaf dikwels om van ’n oormaat energie ontslae te raak. Hulle kan ook blaf as hulle eensaam is. Maak so: Los vir hulle kouspeelgoed om hulle mee besig te hou. Oorweeg dit ook om vir hulle ’n speelmaat te kry as hulle heeldag alleen is.
- Aandagsoekery Honde hou van gereelde aandag en party gebruik hul stem om daarvoor te vra. Maak so: Maak die tyd om elke dan en wan aandag aan hulle te skenk. En onthou, honde hou daarvan as jy hul mage krap.
- Opgewondenheid Die meeste jong hondjies blaf terwyl hulle speel en as hulle weet hulle gaan stap of motor ry. Maak so: Moenie op hulle skree nie; dit kan hulle selfs meer laat blaf. Kry hul aandag met ’n handeklap of fluit en gee dan ’n basiese opdrag soos “sit” of “af” om hul fokus te verander en hulle te laat kalmeer. Jy moet verhoed dat hulle die gewoonte aanleer om te blaf elke keer dat hulle speel of op ’n uitstappie gaan.
IETS OOR STRAF
Lyfstraf, ’n geskree of om jou hond in die agterplaas af te sonder sal nie ’n oormatige geblaf laat ophou nie en sal die band tussen jou en jou hond verswak. Besoek ’n gedragskenner as niks anders werk nie.
Lyfstraf, ’n geskree of om jou hond in die agterplaas af te sonder sal nie ’n oormatige geblaf laat ophou nie en sal die band tussen jou en jou hond verswak. Besoek ’n gedragskenner as niks anders werk nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking